
Jesaja 62:1&6
"Ter wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil bly nie.."
Shalom en Welkom
Bet Shalom Bediening is geroep om die hartklop van Abba Vader aan mede-gelowiges bekend te maak. Hierdie hartklop van Abba is die huidige land Israel en die Joodse volk. Die Joodse volk is Vader se oogappel. Daar is so baie gelowiges asook leiers\predikers wat beperkte of geen kennis van Israel het, en sommiges het selfs verdraaide kennis.
As iemand wat al self die wonderlike voorreg gehad het om die Land Israel (asook Egipte en Jordanië) meer as een keer te kon besoek en wat nader kennis gemaak het met die Joodse volk, gee ek erkenning aan baie Joodse gebruike want daar is baie wat ons by hierdie volkie kan gaan leer. Die Woord is net soveel meer verstaanbaarder indien jy meer oor die Jode gaan navors en hul gebruike oor al die eeue heen bestudeer want daar is 'n skatkis vol kennis wat meeste van ons nie weet nie. Ons Messias was tog immers 'n Jood gewees.
Bet Shalom Bediening het op 23 Julie 2009 begin met eposse wat uitgestuur word met inligting en nuusgebeure rakende Israel en die Joodse volk asook nuus oor die Midde-Ooste. Inligting word meestal verkry vanaf organisasies wat betrokke is in Israel. Indien jy belangstel om meer van hierdie epos bediening te weet, of indien jy gereelde eposse met inligting rakende Israel wil ontvang en lid wil word van hierdie bediening, stuur 'n epos en ek plaas jou op Bet Shalom se verspreidingslys.
Epos: betshalomzv@gmail.com
Lees gerus verskeie artikels wat van tyd tot tyd op Bet Shalom se blog geplaas word - sien skakel hierbo in geel gekleur.
B'Shem Y'shua, (In die Naam van Jesus)
Past. Zetta Visser

Ek het die wonderlike voorreg gehad om groot te kon word op 'n plaas in die hartjie van die bosveld. Ek en my man is sedert 1988 getroud en het 3 pragtige kinders. Ons jongste het egter my lewe ingrypend verander toe sy op die ouderdom van vier jaar gediagnoseer is met Lewerfibrose en polikistiese Nier siekte waarmee sy gebore is en waarvoor daar geen mediese genesing is nie. Op 8 jarige ouderdom het sy inwendig gebloei en moes ook 'n bloedoortapping ondergaan - spesialiste, dokters en hospitale het deel van ons lewe geword. Op 9 jaar en 10 maande is sy (volgens haar eie keuse en besluit) in die Jordaanrivier in Israel deur Dr. Isak Burger gedoop (die plaaslike Christelike tydskrif LEEF het daaroor berig in hul Desember 2007 uitgawe). Abba Vader het my baie geleer deur die jare agv haar siekte en om volkome op Hom alleen te vertrou. Sy genade is Groot oor ons.
In 2003 het ek deeltyds begin studeer deur 'n Amerikaanse Bybel Universiteit. Midde 2007 het ek my "Bachelor of Theology' ontvang. Gedurende 2011 het ek my verordinerings jaar deur dieselfde Amerikaanse Bybel Universiteit gedoen en op 1 Desember 2011 is ek verordineer. Dr Gerrit vd Walt van Christian Fellowship of Ministries het my plaaslik in Februarie 2012 in sy gemeente ook verordineer. As gevolg van die roeping wat Vader op my hart gelê het, staan ek egter nie voltyds in 'n kerk-bediening nie maar dien ek tans op die markpleine waar daar so 'n groot behoefte is. My passie en hart vir Israel bly egter my grootste roeping asook sending.
Ek nooi jou hartlik uit om saam met my daagliks vir Israel te bid en te waak as wagters op die mure van Jerusalem.

Numeri 6:24-26
(Nota: Tog wil ek 'n ernstige versoek rig en wil ek vra dat alle dokumente/informasie en geestelike leesstof wat julle ontvang (ook deur hierdie bediening), biddend en met fyn onderskeidingsvermoeë bestudeer moet word. Daar is baie misleiding en valse bewegings vandag wat groot verwarring veroorsaak. Bid en vra Abba vir leiding, wysheid en kennis. Lees die Woord daagliks en bestudeer dit.)
Shalom & Seën word jou toegewens
----------------------------------------------------------------

In order for us as believers in Jesus (Yeshua in Hebrew) to fully comprehend our Christian faith, it is important that we equip ourselves with an understanding about our Hebraic heritage. We often forget that we study a Hebrew book-written predominantly by Hebrews; we serve a God who chose to reveal Himself firstly to the Hebrews. Our Hebrew Messiah had Hebrew disciples. We honor and try to follow after the example of the first century church-which was predominately Hebrew. Not only that, but through Messiah, we are grafted into a cultivated olive tree (Hebrew family). All the gates of the New Jerusalem bear the Hebraic names of the 12 tribes of Israel. Having taken all of this into account, it makes sense to study the Hebrew culture, for it was the cultural setting in which the Bible was written. If the Church continues in ignorance concerning her Hebraic heritage, she will certainly miss out on much of what the Lord is about to do in these last days.
When you conduct a proper study on the Biblical Feasts of the Lord, you will find that hidden within them are all the major doctrines of the Christian Church. In some way or another all the Feasts point towards Jesus (Yeshua). In fact, the feasts were given for the purpose of revealing Jesus (Yeshua). Each and every one of the Biblical Feasts teaches us about Jesus (Yeshua) and our wonderful relationship with God (YHWH). It is not strange then that God’s whole story of redemption is portrayed for us in these festivals. The Feasts are therefore blueprints for the plan of God.
God’s feast days are prophetic for all Nations!

____________________________________________________________
http://www.just1.co.za/special-434.html